top of page
  • Black Twitter Icon
  • Black Facebook Icon
  • Black Instagram Icon

'n Kreatiewe lewe

Writer: Marina van der LindeMarina van der Linde

Updated: 5 days ago



Ek kry dikwels met mense te doen wat dink dat hulle glad nie kreatief is nie. Soos iemand vir my sê: “Ek het geen kreatiewe haar op my kop nie”. Dit is gewoon nie waar nie. Elke mens het meer as genoeg kreatiwiteit om eintlik op ‘n baie kreatiewe manier te leef. Picasso het nie verniet hierdie woorde gesê nie: “Every child is an artist. The problem problem is how to remain an artist when we grow up.” Om ‘n kunstenaar te wees is natuurlik ‘n baie pertinente vorm van kreatiewe uitdrukking, maar dit beteken beslis nie dat jy nie kreatief is as jy nie kan kuns produseer nie.

 

Daar is soveel eindelose vorme van kreatiwiteit waarmee ons elke dag leef, dat ons dit nie eers as kreatiwiteit erken nie:

om ‘n heerlike gereg op te tower met die mees basiese bestanddele;

om ‘n deurmekaar vertrek of kas op te ruim en weer “mooi” en netjies te kry;

om ‘n baie moeilike probleem op te los;

om jou tyd kreatief te bestuur op ‘n baie uitdagende dag;

om ‘n vertrek te skuif of iets op nuwe maniere saam te rangskik;

om ‘n uitrusting vir die dag saam te stel sodat alles mooi pas;

om mooi dinge raak te sien wat ‘n estetiese reaksie in jou ontlok op enige gegewe oomblik van die dag;

om iets te verwoord of ‘n ingewikkelde verslag saam te stel op so ‘n manier dat iemand anders dit mooi kan verstaan;

om iets met jou hande te maak en na die tyd daarna te kyk met genoegdoening en nog baie meer.

 

Hieroor het Ellie Beck gesê: "...take joy in the contentment of simply making something. The process of making, moment by tiny moment, will guide you in learning to seek the simpler aspects of life. Appreciating the sound of needle through thread, or the enjoyment of watching your work grow slowly row by row by row over weeks or even a year. Use this not as a way to make a finished thing, but more as a way to change your approach to how you spend your time."

 

Hierdie manier van dink oor kreatiwiteit gaan nie daaroor om iets te “bereik” of om jou kreatiwiteit te toon te stel nie, maar om sommer net jou gewone dae kreatief te bewoon. Ek stem saam met George Lois: Creativity can solve almost any problem. The creative act, the defeat of habit by originality, overcomes everything.”

 

Mag jy vandag bewus wees van die stuwing van ‘n Goddelike kreatiwiteit wat deur jou gewone manier van leef beliggaam wil word.

 

©️ Marina vd Linde 2025

Comments


Commenting has been turned off.
bottom of page